Lae aardwentelbaan
Wentelbaan om die Aarde, laer as 2000 km. / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Lae aardwentelbaan (LAW) is 'n wentelbaan om die Aarde met 'n periode van 128 minute of minder (ten minste 11.25 omwenteling per dag) en 'n eksentrisiteit van kleiner as 0.25.[1] Die meeste van die kunsmatige voorwerpe in die ruimte is in 'n lae aardwentelbaan met 'n hoogte van nooit meer as een-derde van die Aarde se radius nie of ongeveer 2 000 km nie.[2]
Die ruimte onder 2 000 km staan bekend as die LAW-gebied.[3] Voorwerpe in wentelbane wat deur die gebied gaan, selfs as hulle 'n apokintion verder uit het of sub-wentelbaan het, word hulle goed dopgehou omrede die risiko groot is dat hulle met baie LAW satellite kan bots.
Die Apollo-program se vlugte is die enigste bemande ruimtevlugte wat verby die LAW beweeg het, alle ander bemande vlugte het binne die lae aardwentelbaan gebly.