Leon Schuster
From Wikipedia, the free encyclopedia
Leon Schuster (gebore 21 Mei 1951) is die vervaardiger van rolprente (waarin hy gewoonlik self die hoofrol vertolk), komediant en akteur, en is Suid-Afrika se koning van fopkamera. Hy maak sy filmdebuut in 1983 in Wolhaarstories, die enigste Afrikaanse rolprent waarin hy gespeel het.
Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...
Leon Schuster | |
---|---|
Foto van Leon Schuster | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Leon Ernest Schuster |
Gebore | 21 Mei 1951 (1951-05-21) (72 jaar oud) Vereeniging, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Filmvervaardiger, akteur, sanger |
Jare aktief | 1975 – hede |
Webwerf | leonschuster.co.za |
Sluit
Kitsfeite Internet-rolprentdatabasis-profiel ...
Leon Schuster | |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
---|
Sluit
Hy is veral bekend danksy sy komiese rolprente wat Suid-Afrika se kultuur en kultuurverskille uitbeeld. Hy ontvang baie kritiek vir veral sy rolprente, wat as "toilethumor" beskou word, maar is die een rolprentvervaardiger wat oor taal- en kultuurgrense 'n aanhang opgebou het.