Liebenbergsvleirivier
rivier in die Vrystaat, Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Liebenbergsvlei is 'n sytak van die Wilgerivier wat in die Oos-Vrystaat in Suid-Afrika vloei. Die bolope van die rivier ontspring aan die noordhange van die Rooiberge in die omgewing van die Golden Gate-Hoogland. By die Saulspoortdam vorm die Asrivier 'n linkersytak, en net noord van Bethlehem vorm die Jordaanrivier weereens 'n linkersytak van die Liebenbergsvleirivier.
Kitsfeite Liebenbergsvlei, Koördinate: 27°19′26″S 28°31′3″O ...
Liebenbergsvlei | |
---|---|
Die Liebenbergsvlei buite Bethlehem | |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Hoofrivier | Vaalrivier |
Oorsprong | Drakensberge |
Monding | Wilgerivier |
Monding-hoogte | 1504 m |
Koördinate: 27°19′26″S 28°31′3″O |
Sluit