Wilgerivier (Vaal)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wilgerivier (Engels: Wilge River) is 'n sytak van die Vaalrivier. Dit ontspring noord van Hamilton in die Oos-Vrystaat op die grens met KwaZulu-Natal. Dit vloei dan in 'n suidwestelike rigting, verby Hamilton, verby die De Beerspas en kruis dan die N3 nasionale pad by Swinburne. Nou vloei die rivier weswaarts en swaai dan noordwes. Die rivier vloei dan aan die westekant van Harrismith verby.
Kitsfeite Koördinate: 27°8′30″S 28°23′6″O ...
Wilgerivier | |
---|---|
Die Wilgerivier by Harrismith. | |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Hoofrivier | Vaalrivier |
Oorsprong | Drakensberge |
Sytak -links | Nuwejaarspruit, Liebenbergsvlei |
Sytak -regs | Meulrivier, Cornelisrivier |
Monding | Vaaldam |
Oorsprong-hoogte | 2 040 m (6 693 voet) |
Monding-hoogte | 1 499 m (4 918 voet) |
Koördinate: 27°8′30″S 28°23′6″O |
Sluit
- Hierdie blad handel oor die Wilgerivier wat 'n sytak van die Vaalrivier is. Vir die Wilgerivier in die Olifantssisteem van Mpumalanga, sien Wilgerivier (Olifants).