Liefling (die movie)
lief die movie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Liefling (die movie) is 'n Afrikaanse rolprent wat op 19 November 2010 in teaters landwyd in Suid-Afrika begin draai het. Die rolprent is van Engelse onderskrifte voorsien om dit vir 'n wyer gehoor toeganklik te maak.
Kitsfeite Liefling (die movie), Regisseur ...
Liefling (die movie) | |
---|---|
Regisseur | Brian Webber |
Produksieleier | Paul Krüger |
Draaiboek | Anel Stop, Brian Webber, Christ van der Walt, Erik Holm, Linda Korsten, Paul Krüger, Schalk van der Merwe |
Met | Bobby van Jaarsveld Lika Berning Marlee van der Merwe Sonja Herholdt Elize Cawood Rouel Beukes Kurt Darren Willem Botha |
Musiek deur | Johan Heystek |
Kinematografie | Paul krüger |
Redigeerder | Anel Stolp |
Verspreider | Indigenous Film Distribution |
Uitgereik | 2010-11-19 |
Speeltyd | 117 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste |
Sluit
Liefling is deur Paul Krüger van Hartiwood films en Linda Korsten, Gé Korsten se dogter, vervaardig en sy het dit aan hom opgedra. Bryan Webber is die regisseur.[1] Die rolprent se webtuiste beskryf dit as die eerste grootskerm Afrikaanse musiekblyspel ("musical") in meer as 30 jaar.