Lübeck
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hansestad Lübeck (Nederduits: Lübęk, Lübeek, Deens: Lybæk) is 'n selfregerende stad in die noorde van Duitsland en die suidooste van die deelstaat Sleeswyk-Holstein. Lübeck is aan die Lübeckse Baai van die Oossee geleë en die tweede grootste stad in die deelstaat na Kiel. Die Middeleeuse stadskern is deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied aangewys.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Sleeswyk-Holstein |
Koördinate | 53°52′N 10°41′O |
Stigting | 9de eeu / 1143 |
Stadstatus | 1160 (Stadsreg van Soest) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 214,1 vk km |
Hoogte bo seevlak | 13 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2011) | 210 577[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 983/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde seeklimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 8,1 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -0,3 / 16,5 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 687 mm |
Burgemeester | Jan Lindenau (SPD) |
Amptelike Webwerf | luebeck.de |
Die grootste stede in die omgewing is Hamburg (65 kilometer suidwes van Lübeck), Kiel (78 kilometer noordwes van Lübeck) en Schwerin (68 kilometer suidoos van Lübeck). Lübeck grens aan die Europese Metropoolgewes Hamburg. As een van die belangrikste Middeleeuse seehawens en handelstede in Duitsland het Lübeck met sy kenmerkende "Sewe Torings" homself steeds as die "Poort na die Noorde" van Europa beskou.