Maia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Maia of Maja was in die Griekse mitologie een van die Plejades en die ma van Hermes.
Kitsfeite Naam, Susters ...
Maia | |
---|---|
Griekse, Romeinse nimf | |
Naam | Maia |
Susters | Plejades (Grieks) |
Verbind met | groei |
Ouers | Atlas en Pleione (Grieks) |
Kinders | Hermes/Mercurius |
Sluit
Sy was die dogter van Atlas[1] en Pleione die Okeanied,[2] en was die oudste van die sewe Plejades.[3] Die sewe susters is op Berg Kyllini in Arkadië gebore,[4] en word soms bergnimfe of Oreades genoem. Omdat hulle dogters van Atlas was, word hulle ook soms die Atlantiede genoem.[5]