![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9a/Machine-made_Shmura_Matzo.jpg/640px-Machine-made_Shmura_Matzo.jpg&w=640&q=50)
Matso
From Wikipedia, the free encyclopedia
Matso (meervoud: matso's) is 'n ongesuurde, plat soort brood wat deel van die Joodse kookkuns is en deel vorm van die Joodse Paasfees (ook Pasga, Pesach), wanneer brood met suurdeeg verbode is. Dit kan vierkantig of rond wees.
Kitsfeite
Matso | ||
![]() | ||
Masjienvervaardigde matso uit Jerusalem. | ||
Soort gereg | Ongesuurde brood | |
Hoofbestanddeel | Meel van koring, gort, spelt, rog of hawer | |
Oorsprong | Antieke Egipte |
Sluit
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ae/Shmura_Matzo.jpg/640px-Shmura_Matzo.jpg)
Volgens die Tora het God opdrag gegee dat die Israeliete gedurende die sewe dae lange fees net ongesuurde brood eet.[1] Matso's kan óf sag soos 'n pita[2] óf krakerig wees. Net laasgenoemde word kommersieel vervaardig, want sagte matso's het nie 'n lang raklewe nie. Matsomeel kan ook gebruik word om ronde matsoballe (Jiddisj: kneidlach) te maak, wat die hoofbestanddeel van matsobalsop is.