Mis in D-majeur, op. 106 (Missa solemnis) (Beethoven)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Beethoven se Mis in D-majeur, op. 123, beter bekend as sy Missa Solemnis, is 'n plegtige mis wat hy 1819 en 1823 gekomokneer het. Dit is vir die eerste keer op 7 April 1824 volledig uitgevoer in Sint Petersburg, Rusland, onder die beskerming van Beethoven se beskermheer Prins Nikolai Golitsyn. 'n Onvolledige uitvoering is reeds op 7 Mei 1824 in Wene gegee, toe die Kyrie, Credo en Agnus Dei deur die komponis gedirigeer is.[1] Dit word oor die algemeen beskou as een van die komponis se grootste prestasies en – saam met Bach se Mis in B-mineur – een van die mees betekenisvolle komposisies van die tydperk van Westerse klassieke harmonie.[2]
Missa solemnis | |
---|---|
deur Ludwig van Beethoven | |
Die outograafpartituur van die begin van die Kyrie, met die bekende woorde "Von Herzen..." en die uitvoeringsaanduiding "Mit Andacht" | |
Toonaard | D-majeur |
Teks | Gewone mis |
Taal | Latyn |
Toewyding | Aartshertog Rudolf van Oostenryk |
Opgevoer | 7 April 1824 (1824-04-07): Sint Petersburg |
Partituur |
|
Dit is min of meer in dieselfde tyd as sy Simfonie no. 9 in D-mineur, op. 125 gekomponeer, maar is Beethoven se tweede toonsetting van die mis; die eerste was sy Mis in C-majeur, op. 86. Die Missa Solemnis is opgedra aan aartshertog Rudolf van Oostenryk, aartsbiskop van Olmütz, sowel Beethoven se voorste beskermheer as sy leerling en vriend. Beethoven het op die afskrif wat hy aan Rudolf voorgelê het, geskryf: "Von Herzen – Möge es wieder –Zu Herzen geh'n!"[3] (Afrikaans: Uit die hart – mag dit weer – na die hart terugkeer!).