Montclair
From Wikipedia, the free encyclopedia
Montclair is 'n voorstad van Durban, wes van Clairwood en noord van Woodlands. Dis ook die naam van 'n spoorweghalte tussen Jacobs en Merebank.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Montclair | |
---|---|
Koördinate: 29°55′0″S 30°58′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Munisipaliteit | eThekwini |
Hoofplek | Durban |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,83 km2 (1,48 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 16 301 |
• Digtheid | 4 256/km2 (11 020/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 16,5% |
• Indiërs/Asiërs | 8,3% |
• Bruin mense | 3,3% |
• Swart mense | 70,7% |
• Ander | 1,2% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 44,1% |
• Engels | 36,2% |
• Xhosa | 6,0% |
• Afrikaans | 4,5% |
• Ander | 9,2% |
Poskode (strate) | 4004 |
Poskode (posbusse) | 4061 |
Skakelkode | 031 |
Sluit
Die naam Montclair is afgelei van Clairmont, die plaas van W.R. Thomson. Toe die stasie gebou is, is die naam Clairmont omgekeer om verwarring met Claremont tussen Soutrivier en Heathfield in Kaapstad te voorkom.
Vir sensusdoeleindes beslaan Montclair 3,83 km². In 2011 was die totale bevolking 16 301, van wie amper 71% swart was. Nietemin was net 44,11% Zoeloesprekend, vergeleke met 36,2% Engels- en 4,5% Afrikaanssprekendes.[1]