NG gemeente Suidoos-Pretoria
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NG gemeente Suidoos-Pretoria, wat ook die bynaam Stellastraat het vanweë die kerkgebou se ligging op die hoek van Olivier- en Stellastraat in Waterkloof, is ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Pretoria.
Die gemeente het in 1985 735 doop- en 2 167 belydende lidmate gehad en is destyds bedien deur vier leraars: P.S. Strümpfer, G.J.C. Venter, C.J.A. Vos en J.G. du Plessis. In 2015, toe die dooplidmate 613 getel het en die belydende lidmate 2 046, was die leraars dr. J.D. Kirkpatrick, di. M.J. Basson, A.M. Pienaar en F. de Wet, terwyl ds. M. de Wet ’n termynpos beklee het.
Met die jare het Pretoria so uitgebrei dat dié gemeente lankal nie meer die suidoostelike punt van Pretoria is nie; daarom het die gemeente besluit om bekend te staan as die Stellastraatgemeente.