Die NG gemeente Pretoria-Oos is die tweede oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Pretoria. Dit was in 1920 slegs die tweede afstigting van die ou moedergemeente nadat Eloffsdal in 1908 van dieselfde gemeente afgestig is. Laasgenoemde gemeente het egter in September 2011 met Eloffsdal-Wes en Magaliesfort saamgesmelt as Mootvallei sodat Pretoria-Oos, slegs twee jaar jonger as Daspoort (die eerste afstigting van Eloffsdal), nou die naas oudste NG gemeente in die Jakarandastad is.