Nico van Rensburg
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nico van Rensburg was 'n Suid-Afrikaanse musikant wat die konsertina bespeel het. Van Rensburg het bekendheid verwerf nadat hy in 1984 en 1990 die SAUK se boeremusiekorkes-kompetisie gewen het. Hy was ook op Maak 'n las op SABC2 te sien. Hy het baie van sy eie musiek gekomponeer en het verskeie pryse ontvang, waaronder 'n Sama-toekenning vir die beste boeremusiekalbum.
Van Rensburg was die beskermheer van die Boeremusiekgilde en was veral bekend om sy konsertina-talent. Sy vrou het ten tyde van sy dood gesê: "Hy het geleef vir boeremusiek, vir Afrikaans en die Afrikaanse kultuur."
Van Rensburg is op 12 Mei 2013 op 76-jarige ouderdom by die 1 Militêre Hospitaal in Pretoria aan 'n hartaanval oorlede.[1] Dit was nadat hy in die jare voor sy dood met sy gesondheid gesukkel het en ook hartprobleme gehad het.
Sy begrafnis is op Donderdag 16 Mei 2013 om 10:00 vanuit die Nederduitsch Hervormde gemeente Swartkop in Eldoraigne gehou. Hy is deur sy twee kinders, vier kleinkinders en een agterkleinkind oorleef.