Nonaan
chemiese verbinding / From Wikipedia, the free encyclopedia
Nonaan is 'n lineêre koolwaterstof en alkaan met die chemiese formule C9H20. Dit is 'n kleurlose, vlambare vloeistof, wat hoofsaaklik voorkom in die keroseenkomponent van die petroleumdistillaatfraksie. Dit word gebruik as verwarmings-, trekker- en vliegtuigbrandstof.[5] Nonaan word ook gebruik as oplosmiddel, distillasie-middel, brandstofadditief, en as 'n komponent in bio-afbreekbare skoonmaakmiddels.[2][6]
Algemeen | |
---|---|
Naam | Nonaan |
IUSTC-naam | Nonaan[1] |
Ander name | n-nonaan nonilhidried[2] |
Chemiese formule | C9H20 |
Molêre massa | 128,259 g•mol-1 |
CAS-nommer | 111-84-2 |
Voorkoms | Kleurlose vloeistof |
Reuk | petrolagtig |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -54,1 tot -53,1 °C |
Kookpunt | 150,4 tot 151,0 °C |
Digtheid | 0,718 g•cm-3 |
Oplosbaarheid | |
Viskositeit | 0 |
Termodinamies | |
ΔfHɵ | −275,7 kJ•mol-1 |
ΔcHɵ | −6125 kJ•mol-1 |
Henry se konstante | 1,7 nmol•Pa-1•kg-1 |
Warmtekapasiteit | 284,34 J•K-1•mol-1 |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 220 mg•kg-1[3] |
LC50 | 3200 dpm (rotte)[4] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Nonaan het 35 strukturele isomere. Sy substituentvorm word noniel genoem. Die sikloalkaan-eweknie is siklononaan, (C9H18).
In teenstelling met die meeste alkane, kom die voorvoegsel in sy naam van Latyn, nie Grieks nie.
Alhoewel nonaan as brandstof en oplosmiddel gebruik word, het gesubstitueerde derivate van nonaan baie gebruike. Byvoorbeeld, 3-metielnonaan-2,4-dioon word as 'n vrugtige voedselgeursel gebruik.[7]