Olieraffinadery
'n nywerheidsaanleg waar ru-olie verwerk word na nuttiger produkte / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Olieraffinadery is 'n nywerheidsaanleg waar ru-olie verwerk word na nuttiger produkte, soos petrol, diesel, teer, verhittingsolie, paraffien en vloeibare petroleumgas.[1][2] Olieraffinaderye is gewoonlik uitgebreide nywerheidskomplekse met baie pypwerk daardeur wat vloeistof- en gasstrome heen en weer tussen groot chemiese verwerkingsaanlegte vervoer.