From Wikipedia, the free encyclopedia
Rudolph Petrus (Ollie) Viljoen was 'n Afrikaanse musikant, orkesleier, storieverteller, TV-regisseur en radio-omroeper. Hy was self 'n fenomenale storieverteller en het onder andere die gewilde programme Spies en Plessis met permissie en Maak ’n las geskep. Hy was ook die aanbieder van Die Boereorkes Kompetisie en omroeper van RSG se boeremusiekprogram, Vastrap.
Ollie Viljoen | |
---|---|
Geboortenaam | Rudolph Petrus Viljoen |
Ook bekend as | Ollie |
Gebore | 17 Maart 1938 Vereeniging |
Sterf | 31 Augustus 2014 (op 76) Kaapstad |
Genres | Boeremusiek, jazz en rock |
Beroep(e) | Musikant, storieverteller, aanbieder, TV regisseur, skrywer, omroeper |
Instrumente | Trekklavier, klavier en orrel |
Webwerf | ollieviljoen.co.za |
Hy was getroud met Estelle Viljoen, lektrise in Afrikaanse Letterkunde by onder andere TUKS en RAU (Deesdae UJ). Hulle het twee kinders, Willem en Enel. Estelle sterf tragies in 'n motorongeluk in 2000 saam met Ollie se boesemvriende Tolla van der Merwe en Koos Meyer.
In 2007 verhuis Ollie van Johannesburg na Sandbaai in die Weskaap. In plaas van aftree begin hy al hoe meer optree vertel hy destyds met sy skerp sin vir humor. Hy bly ook besig met CD-opnames, toere, produksies en solovertonings dwarsoor die land en selfs oorsee in Londen, Argentinie en Amerika.
In 2008 is hy saam met Valiant Swart met 'n SAMA-prys vir hulle album Vuur En Vlam in die kategorie Beste Afrikaanse Tradisionele Album bekroon. In 2010 het hulle 'n tweede album, Wild En Wakker die lig laat sien.
In Maart 2014 is sy eerste en enigste boek, Kitare en Snare deur Hemel en See Uitgewers gepubliseer.
Viljoen is Sondagoggend, 31 Augustus 2014 in die ouderdom van 76 oorlede. Hy is einde Julie met hartversaking in 'n hospitaal in Hermanus opgeneem en het sodoende sy huldigingskonsert by die Oppikoppi-musiekfees misgeloop. Hy het daarna aangesterk en is intussen ontslaan, maar is sowat 'n week voor sy dood in 'n hospitaal in Kaapstad opgeneem, waar hy in sy slaap gesterf het.[1][2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.