Proto-Sinaïtiese skrif
From Wikipedia, the free encyclopedia
Proto-Sinaïties is ’n skrif uit die middel-Bronstydperk wat aangetref is in ’n klein versameling inskripsies wat op die Sinai-skiereiland ontdek is. Weens die uiterse seldsaamheid van Proto-Sinaïtiese tekens, is baie min bekend oor die aard daarvan. Aangesien die skrif in dieselfde tyd as Egiptiese hiërogliewe gebruik is, was dit waarskynlik die metode van ware skryfwerk, maar dit is nie seker nie. Daar word ook soms gereken dit was ’n alfabet en die voorloper van die Fenisiese alfabet, waarvan feitlik alle moderne alfabette afgelei is.
Proto-Sinaïtiese skrif | ||||
’n Voorbeeld van die Proto-Sinaïtiese skrif. Dit beteken dalk "aan Ba'alat". Die lyn wat van links bo na regs onder loop, lees dalk mt l bclt. | ||||
Soort skryfstelsel | Abjad | |||
Tyd gebruik | 19de - 15de eeu v.C. | |||
Rigting | Gemeng | |||
Tale | Noordwes-Semitiese tale | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Egiptiese hiërogliewe
| |||
Dogterstelsels |
| |||
ISO 15924 | Psin, 103 | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Daar was twee groot ontdekkings van inskripsies wat moontlik verband hou met die Proto-Sinaïtiese skrif – die Serabit-inskripsies, wat uit die 19de eeu v.C. dateer, in die winter van 1904–1905 in Sinai deur Hilda en Flinders Petrie, en die Wadi el-Hol-inskripsies, wat uit die 18de eeu v.C. dateer, in 1999 in Midde-Egipte deur John en Deborah Darnell.[1]