Suid-Arabiese alfabet
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die antieke Jemeni-alfabet het in omstreeks die 9de eeu v.C. ontstaan uit die Proto-Sinaïtiese alfabet. Dit is gebruik om die Jemeni- of Ou Suid-Arabiese tale te skryf. Die vroegste inskripsies sover bekend was in die 9de eeu v.C. in Eritrea[1] en in die 8ste eeu v.C. in Babilonië en Jemen. Daar was geen klinkers nie en dit was dus ’n abjad.
Kitsfeite
Suid-Arabiese alfabet | ||||
Soort skryfstelsel | Abjad | |||
Tyd gebruik | c. 9de eeu v.C. - 7de eeu n.C. | |||
Rigting | Regs na links | |||
Tale | Ge'ez, Ou Suid-Arabies | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Egiptiese hiërogliewe
| |||
Susterstelsels | Fenisies | |||
Dogterstelsels | Ge'ez-skrif | |||
ISO 15924 | Sarb, 105 | |||
Unicode | Old South Arabian U+1BC0–U+10A7F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Sluit
’n Gevestigde vorm het in omstreeks 500 v.C. ontstaan en dit is tot in die 7de eeu n.C. gebruik, onder meer vir Ou Noord-Arabies. Dit is eindelik deur die Arabiese alfabet vervang. In Ethiopië het dit later in die Ge'ez-skrif ontwikkel wat, met bygevoegde simbole deur die eeue, gebruik is vir Ge'ez en ander tale in dié land en in Eritrea.