R521 (Suid-Afrika)
streeksroete / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die R521 is 'n streeksroete wat die R101-streeksroete by Polokwane met Pontdrif op die Botswanagrens verbind. Die roete begin as Marketstraat in Polokwane en gaan noord-noordwes. Dit gaan deur Dendron, Vivo, Alldays en Bridgewater. Hierna word dit medebeskryf met die R572 vir 46.3 km tot in Pontdrif.