Sanlamsentrum, Windhoek
sakegebou in die middestad van Windhoek / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sanlamsentrum is 'n sakegebou in die middestad van Windhoek, Namibië. Die sentrum in Independence Avenue is in 1990 opgerig, die jaar waarin Namibië sy onafhanklikheid verkry het.
Die Sanlamsentrum sluit 15 verdiepings kantoorruimte van 28 000 m² in[1] en huisves onder meer die Duitse, Sweedse en Venezuelaanse ambassades,[2] net soos die Amerikaanse Kulturele Sentrum (American Cultural Center), 'n uitbreiding van die Verenigde State se ambassade[3] in Namibië. Dit is genoem na die Suid-Afrikaans-gebaseerde maatskappy Sanlam Bpk.