Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) was van 1902–1910 die operateur van openbare spoorweë in die Transvaalkolonie en Oranjerivierkolonie in in die huidige Suid-Afrika.
CGR | Cape Government Railway/ Kaapse Regeringspoorweë |
---|---|
CSAR | Central South African Railways/ Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë |
IMR | Imperial Military Railways/ Imperiale Militêre Spoorweë |
NGR | Natal Government Railways/ Natalse Regeringspoorweë |
OVGS | Oranje Vrijstaatsche Gouvernementsspoorwegen |
NZASM | Nederlandsch-Zuid-Afrikaansche Spoorwegen |
PPS | Pretoria-Pietersburgspoorlyn |
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog, soos die Britse magte inbeweeg het in die gebied van die Oranje-Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek, is die Oranje Vrijstaatsche Gouvernementsspoorwegen (OVGS), die Nederlands-Zuid-Afrikaanse Spoorweë Maatskappy (NZASM) en die Pretoria-Pietersburg Spoorweg Maatschappij (PPS) oorgeneem deur die Imperiale Militêre Spoorweë onder luitenant-kolonel sir Percy Girouard. Aan die einde van die oorlog het die Imperiale Militêre Spoorweë die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) geword.
Met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910, is die CSAR op 1 Januarie 1912 met die Kaapse Regeringspoorweë en die Natalse Regeringspoorweë saamgesmelt om die Suid-Afrikaanse Spoorweë te vorm.