Sjahada
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sjahada (Arabies: الشهادة, aš-šahādah, [aʃ.ʃaˈhaːda], luister (hulp·inligting); letterlik: "die getuienis") is die Islamitiese geloofsbelydenis en die eerste van die Vyf Pilare van die Islam. Met die Sjahada word die geloof in die eenwees van God (tawhid) en die erkenning van Mohammed as God se profeet uitgedruk.
Die Sjahada in sy kortste vorm lui soos volg:
- لَا إِلٰهَ إِلَّا ٱلله مُحَمَّدٌ رَسُولُ ٱلله
- lā ʾilāha ʾillā llāh muḥammadun rasūlu llāh
- [laː ʔɪˈlaːha ˈʔɪl.lɑɫˈɫɑː mʊˈħammadʊn raˈsuːlʊlˈɫɑː]
- "Daar is geen god behalwe Allah nie; Mohammed is die boodskapper van Allah"[1][2][3][4]
- Audio (voorafgegaan deur die uitdrukking (wa) ašhadu ʾan — "(en) Ek getuig, dat...") luister (hulp·inligting)
Die Sjiiete voeg gewoonlik 'n derde sin by:
وعليٌ وليُّ الله (wa ʿalīyyun walīyyu-llāh, [wa ʕaˈlɪj.jʊn waˈlɪj.jʊlˈɫɑː], "Ali is die Vriend van God")[5][6]