Theuns Jordaan
Suid-Afrikaanse sanger / From Wikipedia, the free encyclopedia
Theuns Botha Jordaan (1971–2021) was 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het liedjies gesing wat hy self geskryf het, sowel as liedjies van bekende liedjieskrywers soos Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel en David Kramer. Sy eerste twee albums het dubbelplatinumstatus verbygesteek. Saam met Karla du Plessis sing hy die lied "Wie weet" wat die temalied van die TV-program Jopie Adam was.
Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...
Theuns Jordaan | |
---|---|
Theuns Jordaan tydens 'n optrede op Langebaan. | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Theuns Botha Jordaan |
Gebore | 10 Januarie 1971 Distrik Venterstad |
Sterf | 17 November 2021 (op 50) Pretoria |
Genres | Ligte Afrikaanse musiek |
Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer |
Instrumente | Stem, kitaar |
Jare aktief | 2000 – 2021 |
Etikette | EMI-musiek |
Webwerf | theunsjordaan.co.za |
Sluit