Tiandihui
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tiandihui (Chinees: 天地會, Tiān Dì Huì), letterlik die "Vereniging van die Hemel en die Aarde", ook bekend as die Hongmen (洪門, die "Groot Familie"), is ’n Chinese broederskap en geheime volksgodsdiensorganisasie.[1] Namate die Tiandihui deur verskillende provinsies versprei het, het dit in baie groepe vertak en was dit onder verskillende name bekend, onder meer die Sanhehui. Die Hongmen-groep is vandag min of meer sinoniem met die hele Tiandihui-konsep, hoewel die naam "Hongmen" ook deur ’n paar misdaadgroepe gebruik word.
Hongmen | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 洪門 | |
Vereenvoudigde Chinees | 洪门 | |
Pinyin | Hóng Mén | |
Wade-Giles | Hung2-men2 | |
Jyutping | Hung4 Mun4 | |
Betekenis | "Groot Familie" |
Tiandihui | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 天地會 | |
Vereenvoudigde Chinees | 天地会 | |
Pinyin | Tiān Dì Huì | |
Wade-Giles | T'ien1-ti4-hui4 | |
Jyutping | Tin1 Dei6 Wui2 | |
Betekenis | "Vereniging van die Hemel en die Aarde" |
Toe Brittanje oor Hongkong regeer het, is alle Chinese geheime organisasies beskou as ’n misdaadbedreiging en saam die Triades genoem. Eintlik is die Sanhehui-groep, die "Vereniging van Drie Hormonieë", die bron van die term "Triade" wat sinoniem met Chinese georganiseerde misdaad geword het. Weens dié erfenis is die Tiandihui soms omstrede; dit is onwettig in Hongkong.