Transsilvanië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Transsilvanië is ’n historiese streek in wat vandag die sentrale deel van Roemenië is. Dit word in die ooste en suide deur die Karpate begrens; in die weste strek die historiese Transsilvanië tot by die Apusenibergreeks. Die term sluit ook soms die historiese streke Crișana, Maramureș en die Roemeense deel van Banat in.
Kitsfeite Transsilvanië Transilvania/Ardeal, Land ...
Transsilvanië Transilvania/Ardeal | |
---|---|
Historiese streek | |
Die grootste kerk in Cluj-Napoca, die nie-amptelike hoofstad van Transsilvanië. | |
Transsilvanië se ligging in Roemenië | |
Koördinate: 46°46′0″N 23°35′0″O | |
Land | Roemenië |
Oppervlak | |
• Totaal | 102 834 km2 (39 704 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 7 309 291 |
• Digtheid | 71/km2 (180/vk. myl) |
Tydsone | UTC+02:00 (OET) |
• Somertyd | UTC+03:00 (OEST) |
Sluit
Die streek is bekend vir die natuurskoon van die Karpate en sy ryk geskiedenis. Dit sluit ook groot stede soos Cluj-Napoca, Brașov en Sibiu in.
In die Engelssprekende wêreld word Transsilvanië verbind met vampiere, hoofsaaklik vanweë die invloed van Bram Stoker se bekende boek Dracula sowel as baie latere rolprentweergawes daarvan.[1][2][3]