Unie van die Arabiese Maghreb
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Unie van die Arabiese Maghreb (Arabies: اتحاد المغرب العربي, Ittiḥād al-Maghrib al-‘Arabī; Frans: Union du Maghreb arabe) is 'n handelsooreenkoms met die doel om 'n ekonomiese en in die toekoms politieke unie tussen die Noord-Afrikaanse lande in die Maghreb te bewerkstellig. Sy lede is Algerië, Libië, Marokko, Mauritanië en Tunisië.[1]
| |||||
Volkslied: | |||||
Hoofstad | Rabat | ||||
Grootste stad | Algiers | ||||
Amptelike tale | Arabies en Frans | ||||
Regering • Sekretaris-generaal |
Internasionale organisasie Taïeb Baccouche | ||||
Onafhanklikheid Stigting |
17 Februarie 1989 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
6 046 441a km2 (7de) 2 334 544 myl2 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - Digtheid |
102 877 547a (13de) 17 / km2 (217de) 44 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,715a (106de) – hoog | ||||
Gini (2012) | 32,8a – medium | ||||
Geldeenheid | 5 geldeenhede (- ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
WSS / WAT (UTC±0 / +1) nie toegepas nie (UTC) | ||||
Internet-TLD | |||||
Skakelkode | + | ||||
a As 'n enkele entiteit. |
Tot dusver het die unie egter nie daarin geslag om van sy doelwitte te bereik nie, veral as gevolg van die groot ekonomiese en politieke verskille tussen Marokko en Algerië, onder andere weens die Wes-Sahara-konflik. Sedert 3 Julie 2008 het geen vergaderings meer op die hoogste vlak plaasgevind nie[2] en volgens waarnemers is die unie oorwegend onaktief.[3][4][5] In 2023 bly die enkelgeldprojek in die gebied tegnies haalbaar, maar polities onaanvaarbaar.[6]