Wynand Windpomp
Afrikaanse sanger en musikant From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Wynand Windpomp is die verhoognaam van Wynand Burger, 'n Afrikaanse sanger en musikant. Wynand se musiekloopbaan het in Stellenbosch begin waar hy in 'n orkes genaamd "Another 48 Hours" gespeel het. Hy trek later na Worcester waar hy die orkes "No Strings Attached" stig en later by die groep "Sequence" aansluit. Sy debuutalbum, Te Ladida, is in 2004 uitgereik.[1]
In April 2010 is Burger by die KKNK van verkragting aangekla deur 'n sangeres nadat hy in die Tentedorp-kampeerterrein van die kunstefees slaapplek in haar tent gesoek het. Burger is aanvanklik op R5 000 se borgtog vrygelaat.[2] Hy is later, na bykans 'n jaar, onskuldig bevind.[3]
Remove ads
Diskografie
- Gedagtes (Uitgereik, 25 Junie 2009, Southern Buzz Records & Wisteria Business & Entertainment)
- Soektog, 2005 WYNAND WINDPOMP/SELECT
- Te Ladida, 2004 CDR/BOWLINE
Verwysings
Sien ook
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads