2008 Curriebeker Premierafdeling
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2008 ABSA Curriebeker kompetisie is vanaf 20 Junie tot 25 Oktober 2008 gespeel. Die Curriebeker is ’n jaarlikse rugbykompetisie wat tussen provinsiale spanne in Suid-Afrika uitgespook word. Dit was die 69ste seisoen sedert die kompetisie vir die eerste keer in 1889 gespeel is.
Kitsfeite
2008 | |
---|---|
Die ABSA Curriebeker se amptelike logo. | |
Verdedigende kampioene | Cheetahs (4de titel) |
Kampioene | Natalse Haaie (5de titel) |
Totaal wedstryde | 59 |
Wedstryde gespeel | 59 |
Drieë gedruk | 388 (gemiddeld 6.576 per wedstryd) |
Meeste punte | 192 Morné Steyn (Blou Bulle) |
Meeste drieë | 9 Keegan Daniel (Natalse Haaie) |
Sluit
Die Vrystaat Cheetahs was die verdedigende kampioene nadat hulle die leeus gewen het in die eindstryd van die 2007 Curriebeker Premierafdeling, maar is in die halfeindrondte deur die Blou Bulle uitgeskakel. Die eindstryd het op 25 Oktober in die Kings Park in Durban plaasgevind tussen die Natalse Haaie en die Blou Bulle met die Haaie was as kampioene gekroon is