2011 Verenigde Nasies se Klimaatberaad
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2011 Verenigde Nasies se Klimaatberaad is in Durban, Suid-Afrika, vanaf 28 November tot 9 Desember 2011 aangebied.[1]
Die konferensie staan amptelik bekend as die 17de sitting van die Konferensie van die Partye (COP 17) van die Verenigde Nasies se Raamwerk Konvensie oor Klimaatsverandering (UNFCCC) en die 7de sitting van die Konferensie van die Partye wat as die Vergadering van die Partye (CMP 7) van die Kioto-protokol dien. Daarbenewens sal die twee permanente filiale liggame van die UNFCCC – die Filiale Liggaam vir Wetenskaplike en Tegniese Advies (SBSTA) en die Filiale Liggaam vir Implementering (SBI) – waarskynlik hul 35ste sittings aanbied.
Een hooffokus van die konferensie was om 'n wêreldwye klimaatooreenkoms daar te stel, soos die Kioto-protokol se eerste verbintenistydperk (2008–2012) sy einde nader.[2] Daar sal na verwagting ook gefokus word op "die finalisering van ten minste sommige van die Cancun-ooreenkomste", wat by die 2010-konferensie bereik is, soos "die samewerking op skoon tegnologie", sowel as "die beskerming van woude, die aanpassing op klimaatsimpakte, en finansies – die beloofde oordrag van fondse van die ryk lande na arm lande om hul te help om hul woude te beskerm, aan te pas by klimaatsimpakte, en hul ekonomieë meer "groen" te maak".[3]