2014 Curriebeker Premierafdeling
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2014 Absa Curriebeker is ’n rugbykompetisie wat in 2014 tussen provinsiale spanne in Suid-Afrika uitgespook is. Dit was die 76ste seisoen van die kompetisie sedert dit vir die eerste keer in 1889 gespeel is.
Kitsfeite
2014 | |
---|---|
Die Absa Curriebeker se amptelike logo. | |
Verdedigende kampioene | Natalse Haaie (7de titel) |
Kampioene | Westelike Provinsie |
Wedstryde gespeel | 43 |
Drieë gedruk | 258 (gemiddeld 6 per wedstryd) |
Meeste punte | 123 Jacques-Louis Potgieter (Blou Bulle) |
Meeste drieë | 9 Jaco Kriel (Leeus) |
Sluit
Die Natalse Haaie was die verdedigende kampioen. Hulle het die Westelike Provinsie met 33–19 in die 2013 eindstryd op Nuweland verslaan. Die eindstryd is op 25 Oktober 2014 beslis.