2014 Curriebekerkwalifisering
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2014 Curriebekerkwalifiseringstoernooi is ’n rugbykompetisie wat in 2014 tussen provinsiale spanne in Suid-Afrika uitgespook word om te bepaal welke span in die Premierafdeling speel. Die toernooi word tussen sewe spanne gespeel tussen Junie en Julie. Die wenner sal in die Premierafdeling speel terwyl die oorblywende ses spanne om die Eerste Afdeling sal meeding.