2014 Superrugbyseisoen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2014 Superrugbyseisoen het in Februarie 2014 afgeskop met voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit was die vierde seisoen van die vergrote 15-span-toernooi en die 19de van die rugbykompetisie tussen provinsiale spanne van die suidelike halfrond. Daar is elke naweek van 15 Februarie tot 31 Mei gespeel (met ’n drie-week breuk tussen rondtes 16 en 17 vir internasionale wedstryde) en die eindwedstryd was op 2 Augustus 2014 beslis.
2014 Superrugby | |
Amptelike logo | |
Deelnemende lande | Australië Suid-Afrika Nieu-Seeland |
---|---|
Kampioen | Waratahs (1ste titel) |
Wedstryde gespeel | 125 |
Drieë gedruk | 612 (gem. 4.896 per wedstryd) |
Meeste punte aangeteken | 252 Bernard Foley (Waratahs) |
Meeste drieë gedruk | 12 Israel Folau (Waratahs) 12 Nemani Nadolo (Crusaders) |
Die kompetisie is oor 23 weke beslis met ’n totaal van 125 wedstryde gespeel. Dit het begin met drie groepe van vyf spanne wat volgens lande ingedeel was (daar was dus ’n Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse groep). Die seisoenwedstryde het bestaan uit twee tipes wedstryde bestaan, nl.:
- Intergroepwedstryde – Elke span het tweekeer teen elk van die ander spanne in die groep gespeel, in tuis- en wegwedstryde. (Sien onderstaande tabelle vir groepe)
- Tussengroepwedstryde – Elke span het teen vier van die spanne van die ander twee groepe gespeel, waarvan vier wedstryde tuis was en vier wedstryde weg. Daar was dus teen een span van elke ander groep nié gespeel nie.
Die boonste span in elke groep, asook die volgende drie spanne op die algehele punteleer ongeag hul plek in die groep, het in die uitspeelwedstryde gespeel.[1] Die boonste twee groepwenners (op die basis van die algehele punteleer) het ’n loslootjie ontvang vir die eerste ronde van die uitspeelwedstryde. In die eerste ronde van die uitspeelwedstryde was die derde groepwenner nommer drie met ’n tuiswedstryd teen die span wat sesde op die algehele punteleër eindig. Die span wat vierde was op die algehele punteleer het in ’n tuiswedstryd teen die span wat vyfde is gespeel. In die halfeindrondes speel die tweede groepwenner uit teen die span wat die eerste uitspeelronde gewen het en die hoogste op die punteleer is. Die eerste groepwenner het dan teen die ander uitspeelrondewenner gespeel. Die eindronde was ’n tuiswedstryd vir die span wat die hoogste op die algehele punteleër eindig.[2]