2017 Curriebeker Premierafdeling
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2017 Curriebeker Premierafdeling is ’n top rugbykompetisie wat van 21 Julie – 28 Oktober 2017 tussen provinsiale spanne in Suid-Afrika beslis is. Dit was die 79ste seisoen van die kompetisie sedert dit vir die eerste keer in 1889 gespeel is.
Kitsfeite
2017 | |
---|---|
Verdedigende kampioene | Vrystaat Cheetahs (5de titel) |
Kampioene | Westelike Provinsie (34ste titel) |
Totaal wedstryde | 45 |
Wedstryde gespeel | 45 |
Drieë gedruk | 378 (gemiddeld 8.4 per wedstryd) |
Meeste punte | 96 George Whitehead (Griekwas) |
Meeste drieë | 10 Warrick Gelant (Blou Bulle) |
Sluit
Die Vrystaat Cheetahs was die verdedigende kampioen. Hulle het die Blou Bulle met 36–16 in die 2016 eindstryd op die Toyota-stadion verslaan. Die eindstryd in 2017 is op 28 Oktober beslis met die Natalse Haaie wat teen die Westelike Provinsie in Durban gespeel het. Die Westelike Provinsie het met 33–21 gewen en hulle 34ste titel ingepalm.