24ste Oscar-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 24ste Oscar-toekenningsaand is op 20 Maart 1952 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1951.
24ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 20 Maart 1952 | |
Plek | RKO Pantages Theatre, Hollywood | |
Aanbieder | Danny Kaye | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | An American in Paris | |
Meeste pryse | An American in Paris en A Place in the Sun (6 elk) | |
Meeste benoemings | A Streetcar Named Desire (12) |
An American in Paris het die Oscar vir beste rolprent gewen. Nes A Place in the Sun het dit altesaam ses pryse gewen. A Streetcar Named Desire het vier Oscars gewen, onder meer drie van die akteurspryse – Marlon Brando het nie gewen nie, hoewel sy uitbeelding van Stanley Kowalski later beskou is as een van die invloedrykste uitbeeldings in die moderne rolprentwese.[1]
Humphrey Bogart was die laaste man ooit wat in die 19de eeu gebore is wat ’n prys vir beste akteur gewen het. An American in Paris was maar die tweede kleurrolprent wat gewen het vir beste prent. Die eerste een was Gone with the Wind 12 jaar tevore.