Abdülaziz
From Wikipedia, the free encyclopedia
Abdülaziz of Abd Al-Aziz (Ottomaanse Turks: عبد العزيز, moderne Turks: Abdülaziz; 9/18 Februarie 1830 – 4 Junie 1876) was van 1861–1876 die 32ste sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die seun van sultan Mahmut II en het sy broer Abdülmecid I in 1861 opgevolg.[1]
Kitsfeite Volle naam, Ottomaanse naam ...
Abdülaziz | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk Kalief van Islam | |
Volle naam | Sultan Abdülaziz |
Ottomaanse naam | عبد العزيز |
Tydperk | 1861–1876 |
Stadium | Verval van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Abdülmecid I |
Opvolger | Murat V |
Toegra |
Sluit
Hy het ’n Ottomaanse opvoeding gehad, maar het baie belanggestel in die materiële vordering wat in die Weste gemaak is. Hy het ook in letterkunde belanggestel en was ’n komponis van klassieke musiek.