From Wikipedia, the free encyclopedia
Adam "Dam" Kok II (Namakwaland, 1771 – Bergrivier, 1835) was 'n leier (kaptein) van die Griekwas in Suid-Afrika.
Adam Kok II | |
Kaptein van die Griekwas | |
Voorafgegaan deur | Cornelius Kok I |
---|---|
Opgevolg deur | Adam Kok III |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 1771 Namakwaland |
Sterf | 12 September 1835 Bergrivier |
Kok was die oudste seun van Cornelius Kok I. Hy vestig hom in Griekwastad, waar hy saam met Barend Barends die belangrikste leier was. Vanweë die vyandige Hartenaarsopstand verlaat hy Griekwastad met sy volgelinge in 1815. Na die dood van sy vader in 1820 was Kok die regmatige opvolger, maar na 'n kort periode as kaptein van Campbell tree hy ten gunste van sy broer Cornelius Kok II af om by die Bergenaars (ook Hartenaars genoem) aan te sluit.
In 1826 vestig Kok hom in Philippolis. In 1823 wen Adam Kok II, Cornelius Kok II, Andries Waterboer en Barend Barends die Slag by Dithakong, waardeur die Griekwas die terreur van die Mfecane gespaar bly. Hy sterf in 1838 tydens die terugkeer van 'n besoek aan Kaapstad. Sy dood lei tot 'n opvolgingstryd tussen sy seuns, Abraham Kok en Adam Kok III, wat deur laasgenoemde gewen is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.