Philippolis

oudste nedersetting in die Vrystaat, Suid-Afrika. From Wikipedia, the free encyclopedia

Philippolismap
Remove ads

Philippolis is die oudste nedersetting in die Vrystaat, Suid-Afrika.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Remove ads

Geskiedenis

In 1823 het die Londense Sendinggenootskap 'n stasie hier geopen op 'n perseel wat eerw. John Philip gekies het. Die NG Kerk het saam met die Londense Sendinggenootskap gewerk en in 1825 het dr. Abraham Faure 'n gemeente vir nomadiese Griekwas op Philippolis geopen. Twee jaar later het 'n deel van die Griekwastam hulle hier gevestig, insluitende Adam Kok II. In 1861 is die dorp van die Griekwas gekoop vir ₤400 en Adam Kok en sy mense het op hulle epiese trek van 500 km gegaan. Die ou kerk is deur 'n Nederduitse Gereformeerde kerk vervang, wat in 1871 ingewy is. Die preekstoel, wat uit olienhout gesny is, is 'n besienswaardigheid in die dorp. In 1873 is die eerste skool geopen.

Toe die Britte tydens die Tweede Vryheidsoorlog die dorp beset het, is die kerk as 'n fort gebruik. Die gebou huisves tans die Transgariep-museum.

Remove ads

Distrik

Die distrik is 3 400 km2 groot en die belangrikste ekonomiese aktiwiteit is skaapboerdery.

Noemenswaardige boorlinge

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads