Die tuinaffodil (Narcissus pseudonarcissus) is 'n bolplant wat oorspronklik uit Europa kom en aan die blomfamilie Amaryllidaceae behoort. Hulle word ook soms narsings genoem.

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...
Tuinaffodil
Thumb
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Tracheobionta
Divisie:
Klas:
Liliopsida
Subklas:
Liliidae
Orde:
Familie:
Tribus:
Narcisseae
Genus:
Narcissus
Seksie:
Pseudonarcissi
Spesie:
N. seudonarcissus
Binomiale naam
Narcissus pseudonarcissus
L., (1753)
Sluit

Kenmerkend van die affodil, is die duidelike trompetkroon. Die bekendste is die heldergeel, alleenstaande blomme wat tot 8 cm lank kan word. Affodille is bolgewasse met riemvormige blare. Die blomme wissel van taamlik groot tot baie groot. Deur kruisings en verdeling is enkel- en dubbelblomme ontwikkel. Hulle kom alleenstaande of in trosse voor, en die kleure wissel van wit tot geel met geel of oranje trompetkrone met 'n wit of geel kroonblaaragtergrond. Daar bestaan selfs 'n wit variëteit met geel trompet en 'n oranje kartelrandjie (Narsing tazzetta).

Sommige variëteite het byna geen geur nie, terwyl ander soorte weer 'n skerp geur het.

Aanvanklik was die N. tazzeta die belangrikste kwekersblom, maar vandag vervul die gewone geel affodil (N. pseudonarcissus), die rol. In Suid-Afrika word die affodil begin Maart geplant om in die laat winter en vroeë lente te blom. Hulle het behoorlike humusryke en vrugbare grond nodig. Affodille is uitstekende snyblomme.[1]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.