Albert Jacobus Stals
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dr. Albert Jacobus Stals (1880 – 1951) was 'n Suid-Afrikaanse geneesheer en kabinetsminister. Hy is op 24 Augustus 1880 op Tulbagh gebore. Hy ontvang sy opleiding in Stellenbosch, Dublin en Berlyn. Hy bekwaam hom in die regte en in die medisyne met lof in albei.
Kitsfeite Eerste minister, Voorafgegaan deur ...
Albert Jacobus Stals | |
Dr. Albert Jacobus Stals in 1951 | |
Minister van Gesondheid en Volkswelsyn | |
Ampstermyn 1948 – 1951 | |
Eerste minister | Daniël François Malan |
---|---|
Voorafgegaan deur | Henry Gluckman (Gesondheid) Harry Lawrence (Volkswelsyn) |
Opgevolg deur | Karl Bremer |
Minister van Onderwys | |
Ampstermyn 1948 – 1949 | |
Eerste minister | Daniël François Malan |
Voorafgegaan deur | Jannie Hofmeyr |
Opgevolg deur | Charles Robberts Swart |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | (1880-08-24)24 Augustus 1880 Tulbagh, Kaapkolonie (nou Wes-Kaap, Suid-Afrika) |
Sterf | 5 Februarie 1951 (op 70) Kaapstad, Kaapprovinsie |
Politieke party | Nasionale Party |
Alma mater | Universiteit Stellenbosch |
Sluit
Hy word 'n Parlementslid as L.V. vir Hopetown en dien ook as lid van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad, die Raad van Handel en Nywerheid en die Skeepsvaartraad. Hy was die voorsitter van laasgenoemde. Toe dr. Daniël François Malan in 1948 aan die bewind kom, is hy aangestel as Minister van Gesondheid en Volkswelsyn. Hy is op 5 Februarie 1951 in Kaapstad oorlede.