Russiese politikus en aktivis From Wikipedia, the free encyclopedia
Aleksei Anatoljewitsj Nawalni (Russies: Алексе́й Анато́льевич Нава́льный; 4 Junie 1976 - 16 Februarie 2024) was ’n Russiese regsgeleerde, politikus en finansiële aktivis.[1] Hy het sedert 2009 in Rusland bekend geraak as ’n vegter teen korrupsie en ’n kritikus van president Wladimir Poetin.
Aleksei Nawalni Алексей Навальный | |
---|---|
Nawalni in 2013 | |
Gebore | Aleksei Anatoljewitsj Nawalni 4 Junie 1976 Boetin, Moskou-oblast |
Sterf | 16 Februarie 2024 (op 47) Charp, Jamalië |
Nasionaliteit | Russies |
Beroep | Regsgeleerde, aktivis, politikus |
Politieke party | Progressiewe Party |
Eggenoot | Joelija Nawalnaja |
Kinders | 2 |
Webwerf | navalny.com |
Hy het al groot demonstrasies gehou om demokrasie te bevorder en val dikwels politieke korrupsie asook Poetin se politieke bondgenote aan. In 2012 het die The Wall Street Journal hom beskryf as "die man vir wie Poetin die meeste vrees".[2]
In Desember 2023 het Nawalni vir byna drie weke uit die tronk vermis geraak. Hy het weer in 'n regstellende kolonie in die Jamalo-Nenetsië outonome okroeg in die Arktiese Sirkel te voorskyn gekom.[3][4] Op 16 Februarie 2024 het die Russiese gevangenisdiens berig dat Nawalni op die ouderdom van 47 gesterf het.[5][6] Sy dood het betogings veroorsaak, beide in Rusland en in verskeie ander lande, en beskuldigings teen die Russiese owerhede in verband met sy dood is deur Westerse regerings en internasionale organisasies gemaak.
Nawalni beskryf homself as ’n nasionalistiese demokraat. Hy is lid van die Russiese Opposisiekoördinasieraad en leier van die Progressiewe Party (Партия прогресса), voorheen die Volksalliansie.[7] In September 2013 was hy ’n kandidaat in die burgemeestersverkiesing vir Moskou en is hy gesteun deur die Republikeinse Party van Rusland – Volksvryheidsparty (RPR-PARNAS). Hy het die tweede meeste stemme gekry (27%), maar verloor teen die waarnemende burgemeester, Sergei Sobjanin, ’n Poetin-aanstelling.
Nawalny het ’n blog, wat sy belangrikste forum is om met sy aanhangers te kommunikeer. Hy gebruik die blog om Poetin en sy bondgenote aan te val, politieke optogte te reël, dokumente op te laai om te wys Poetin en sy bondgenote maak hulle skuldig aan onbehoorlike gedrag, en meer onlangs vir sy presidentsverkiesingsveldtog.
Op 20 Augustus 2020, was Navalny gehospitaliseer en in 'n ernstige, maar stabiele toestand gelaat ná 'n vermeende vergiftiging tydens 'n vlug van Tomsk na Moskou in 'n moontlik polities gemotiveerde aanval.Sy vlug is na Omsk herlei.[8][9] Later die dag word hy op 'n mediese vliegtuig na Berlyn gesit, waar hy die volgende dag daar aankom.[10] Vanaf 24 Augustus bly hy in 'n kunsmatige koma, maar is daar geen ernstige gevaar vir sy lewe nie.[11] Op 17 Januarie 2021 keer hy terug na Rusland, waar hy onmiddellik in Moskou aangehou word op aanklagte van oortreding van die voorwaardes van 'n opgeskorte tronkstraf.[12]
Nawalni is al verskeie kere deur die Russiese owerhede in hegtenis geneem – waarvan die ernstigste geval in 2012 was toe die federale owerhede hom aangekla het van geldverduistering en bedrog. Hy het skuld op al die aanklagte ontken.[13] In Julie 2013 is hy skuldig bevind aan geldverduistering en is hy tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.[14][15] Rusland se menseregtesentrum, Memorial, het Nawalni as ’n politieke gevangene beskou.[16] Verlof tot appèl is egter die dag ná sy vonnis toegestaan en hy is vrygelaat. Die vonnis is in Oktober 2013 opgeskort.[17]
In Februarie 2014 is Nawalni weer aangekla van geldverduistering, dié keer saam met sy broer Oleg Nawalni. Hy is in huisarres geplaas en verbied om met enigiemand behalwe sy familie te kommunikeer. Albei broers het skuld ontken. Aleksei het in Desember 2014 nog ’n opgeskorte vonnis van 3,5 jaar gekry en Oleg is gevangenisstraf van 3,5 jaar opgelê.[18]
In die Weste word die aanklagte beskou as polities gemotiveerd[19] en ’n taktiek van Poetin om die opposisie in Rusland stil te maak.[20] Volgens ’n verklaring van Nawalni probeer die regering nie net sy teenstanders gevangenisstraf oplê nie, maar "nou vernietig en martel hulle ook die gesinne van dié wat hulle teenstaan".[18]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.