Altaïese tale

taalfamilie From Wikipedia, the free encyclopedia

Altaïese tale
Remove ads

Altaïes is ’n voorgestelde taalfamilie van Sentraal-Eurasië. Verskeie weergawes sluit in die Turkse, Mongoolse, Toengoesiese, Japannese taalgroep, Koreaans asook soms nog Ainoe.[1] Dié tale word gepraat in ’n groot gebied van Noordoos-Asië deur Sentraal-Asië tot Anatolië en Oos-Europa.[2] Die groep is genoem na die Altai-berge, ’n bergreeks in Sentraal-Asië.

Thumb
Verspreiding van Altaïese, Turkse en Oeraalse tale
Thumb
Stamboom van Altaïese tale
Kitsfeite

Die Altaïese familie deel talle eienskappe. ’n Meningsverskil bestaan egter oor die oorsprong van die ooreenkomste. Die "Altaiïste" glo die rede daarvoor is dat die tale ’n gemeenskaplike oorsprong het en afstam van ’n proto-Altaïese taal wat duisende jare gelede gepraat is. Die "anti-Altaiïste" glo die ooreenkomste is vanweë taalkontak tussen die verskillende taalgroepe.[3]

Sommige geleerdes beskou die groep as ’n geldige taalfamilie, maar sluit net die Turkse, Mongoolse en Toengoesiese taalgroep in. Dié mening was algemeen voor die 1960's, maar het feitlik geen aanhangers meer nie.[4] Die uitgebreide groepering sluit die Koreaanse en Japannese taalgroepe in en word deur die meeste ondersteuners van Altaïes voorgestaan.[5]

Die kleiner groepering sluit sowat 66 moderne tale in,[6] en die Koreaanse en Japannese taalgroep voeg nog agt tale daarby vir ’n totaal van 74. Dit verskil na aanleiding van wat as ’n taal of dialek beskou word.

Die taalfamilie sluit nie vroeëre stadiums van tale soos Middel-Mongools of Oud-Japannees in nie.

Remove ads

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads