Sentraal-Asië

geografiese gebied in die middel van Asië From Wikipedia, the free encyclopedia

Sentraal-Asië
Remove ads

Sentraal-Asië is 'n geografiese gebied in die middel van Asië. Dit strek van die Kaspiese See in die weste tot Sentraal-China in die ooste en van die suide van Rusland in die noorde tot die noorde van Afghanistan in die suide.

Thumb
Politiese kaart van Sentraal-Asië
Thumb
Etniese kaart van Sentraal-Asië

Sentraal-Asië

Thumb

Meer inligting Oppervlak, Bevolking ...

Sentraal-Asië sluit gewoonlik die vyf voormalige Sowjet-republieke Kasakstan, Kirgisië, Oesbekistan, Tadjikistan en Turkmenistan in. Soms word nog Afghanistan, Mongolië, Iran se noordooste, Pakistan se noorde, Kasjmir, Xinjiang en Tibet ingesluit. Hierdie definisie word byvoorbeeld deur Unesco gebruik.

Die westelike en sentrale gedeelte van Sentraal-Asië is hoofsaaklik deur Turkse volke bevolk en deur Islam gekenmerk. Hulle sluit in die Kasakke in die noorde, die Kirgisiërs in die suidooste, die Karakalpakke en Oesbeke in die suide, die Turkmene in die suidweste en soms die Oeigoere in die ooste. In die suidooste leef nog die Tadjiks, 'n Islamitiese Irannese volk. Aan die noordelike grens tot Rusland leef nog Russe en Oekraïners. Minderhede sluit in Tartare en Duitsers. Belangrike tale sluit in Russies, die Turkse tale Oesbekies, Kasaks, Turkmeens, Kirgisies en Karakalpaks asook Tadjiks en soms nog Oeigoers.

Sentraal-Asië word geografies gekenmerk deur die riviere Amoedarja, Ili en Sirdarja asook die waterliggame Aralmeer en Balchasj-meer.

Sentraal-Asië was histories gekenmerk deur Nomadiese volke en die Syroete.[2] Dit het as 'n kruispunt gedien vir die beweging van mense, goedere en idees tussen Europa, Wes-Asië, Suid-Asië, Oos-Asië en Noord-Asië.[3] Die Syroete het Islamitiese lande met dié van Europa, Indië en China verbind.[4]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads