Amfibieë
From Wikipedia, the free encyclopedia
Amfibieë, of Amphibia, is 'n klas van die superklas Tetrapoda. Hulle het vier pote en word uit eiers gebore. Hulle woon in water wanneer hulle klein is en kan aan land gaan wanneer hulle ouer is. Paddas, salamanders en wurmsalamanders is die drie hoofgroepe amfibieë.
Amfibieë | |
---|---|
Die rooioogboompadda (Litoria chloris) van Australië en die vuursalamander (Salamandra salamandra) van Europa | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Superklas: | |
Klas: | Amphibia Linnaeus, 1758 |
Subklasse en ordes | |
Orde Temnospondyli - uitgesterf |
Amfibieë word sonder bene gebore – hulle groei dit aan terwyl hulle klein is. Wanneer hulle grootword, verander hulle van vorm. Hierdie proses staan as metamorfose bekend. Die diere verloor later hul kieue en sterte, en groei agterbene aan. Klein paddas en salamanders word paddavisse genoem. Hierdie diere lê tot duisend eiers, gewoonlik in water of op klam plekke. Hulle vreet ander diere, veral insekte.
Daar is tans omtrent 5 700 spesies. Hulle word op al die kontinente aangetref, behalwe Antartika, maar fossielgetuienis bevestig dat hulle ook daar teenwoordig was.[1]