Anthony Hall-Martin
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dr. Anthony Hall-Martin (12 Junie 1945 – 21 Mei 2014) was 'n Suid-Afrikaanse natuurbewaringspesialis en outeur. Hy was 'n wêreldgesag oor olifante en renosters en het in 1988 die Renoster-en-olifantstigting saam met Clive Walker en Peter Hitchins gestig. Hall-Martin was die stigting se eerste voorsitter. Die Renoster-en-olifantstigting het Marion Garai, 'n Switserse bioloog, ondersteun in 'n uitgebreide studie van stres in jong olifante tydens uitdunprogramme in Suid-Afrika en dit het gelei tot die Vereniging vir Hervestigde olifante.
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Anthony Hall-Martin | |
---|---|
Gebore | 12 Junie 1945 |
Sterf | 21 Mei 2014 (op 68) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Natuurbewaarder, skrywer |
Bekend vir | Olifant- & renosterkenner |
Eggenoot | Catherina |
Kinders | 2 dogters |
As adviseur vir die Trust vir Bedreigde natuurlewe en later direkteur van navorsing en ontwikkeling by die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, was Hall-Martin 'n onvermoeibare voorstander van omgewingsbewustheid.
Dr Hall-Martin se siening oor natuurlewebestuur was kontroversieel, terwyl hy erkenning ontvang het vir sy natuurlewefotografie en artikels. Sy boeke oor die natuur sluit in: Predators of Southern Africa, Kaokoveld: The Last Wilderness en A day in the Life of an African Elephant. Sy belangrikste boek Elephants of Africa (1986) is vervaardig saam met die bekende natuurlewekunstenaar Paul Bosman. Sy jongste boek Cats of Africa (1997) behandel leeus, luiperds, jagluiperds en sewe ander, minder bekende, katte van Afrika.