- 27 Januarie – Tweede Wêreldoorlog: Die Auschwitz-konsentrasiekamp word deur die Rooi Leër bevry.
- 30 Januarie – Tweede Wêreldoorlog: Die Wilhelm Gustloff seeramp vind plaas.
- 14 Februarie – Tweede Wêreldoorlog: Die RAF Bomkommandoment begin die strategiese bombardering van Dresden in Sakse, Duitsland, wat lei tot 'n noodlottige vuurstorm waarin 25 000 burgerlikes sterf.
- 19 Februarie – Tweede Wêreldoorlog: Die Geallieerdes val die eiland Iwo Jima binne.
- 23 Februarie – Joe Rosenthal neem die Pulitzerpryswennerfoto Raising the Flag on Iwo Jima, 'n beeld wat later herskep word in die beeld by die Amerikaanse Marinierskorps Oorlogsmonument.
- 7 Maart – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaanse Leër steek die Ryn-rivier oor by Remagen.
- 9 Maart – Tweede Wêreldoorlog: 'n Bomaanval op Tokio veroorsaak 'n vuurstorm waarin 100 000 mense sterf.
- 22 Maart – Die Arabiese Liga word deur Egipte, Irak, Jordanië, Libanon, Saoedi-Arabië en Sirië in Kaïro gestig.
- 1 April – Tweede Wêreldoorlog: Die Geallieerdes val die eiland Okinawa binne.
- 16 April–2 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van Berlyn vind plaas. Die verowering van die Duitse hoofstad Berlyn deur die Rooi Leër.
- 18 April – Tweede Wêreldoorlog: Meer as 'n duisend bomwerpers val die eiland Helgoland (Duitsland) aan.
- 25 April – Tweede Wêreldoorlog: Amerikaanse en Russiese troepe ontmoet by die Elbe.
- 25 April – Die Verenigde Nasies word in San Francisco (Kalifornië) gevorm.
- 30 April – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse diktator Adolf Hitler pleeg selfmoord.
- 4 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Bevryding van die Neuengamme-konsentrasiekamp naby Hamburg deur die Britse Leër.
- 4 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Admiraal Hans-Georg von Friedeburg onderteken op die Timeloberg, voor veldmaarskalk Montgommery, in opdrag van die laaste rykspresident Karl Dönitz, die kapitulasie-ooreenkoms van alle Duitse troepe in Noordwes-Duitsland, die Nederlande en Denemarke.
- 4 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Die 2de Franse Pantserdivisie onder generaal-majoor Leclerc bereik teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog die huis van Adolf Hitler op die Obersalzberg by Berchtesgaden.
- 5 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Kapitulasie van die Duitse troepe in 'n laaste selfstandige deel van Nazi-Duitsland (die noordweste en Sleeswyk-Holstein), Denemarke en Wes-Nederland.
- 8 Mei – Die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Europa.
- 1 Junie – Duitse oudiotoerustingvervaardiger Sennheiser word deur Fritz Sennheiser gestig.
- 21 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Okinawa word verower deur die Amerikaners.
- 26 Junie – Die Grondwet van die Verenigde Nasies word geteken.
- 16 Julie – Manhattan-projek: Trinity, die eerste atoombomtoets word onderneem naby Alamogordo, Nieu Meksiko, VSA.
- 28 Julie – 'n B-25 bomwerper vlieg teen die Empire State-gebou vas; op die 78ste vloer.
- 6 Augustus – Tweede Wêreldoorlog: Die VSA laat val 'n atoombom (Little Boy) op Hirosjima, Japan, met tussen 90 000 en 200 000 sterftes tot gevolg.
- 8 Augustus – Die Verenigde State, Frankryk, Engeland en die Sowjetunie teken die Verdrag van Londen wat lei tot die Neurenberg-verhore.
- 9 Augustus – Tweede Wêreldoorlog: Tweede Amerikaanse kernwapen (Fat Man) ontplof bo die Japannese stad Nagasaki.
- 15 Augustus – Geallieerde Nasies vier die einde van die Tweede Wêreldoorlog na oorwinning in Japan toe keiser Hirohito die onvoorwaardelike oorgawe in die Stille Oseaanoorlog oor die radio aankondig. Noord- en Suid-Korea word van Japan onafhanklik.
- 2 September – Die Tweede Wêreldoorlog kom amptelik tot 'n einde met die ondertekening van die Japannese oorgawedokumente op die dek van die USS Missouri.
- 2 September – Hồ Chí Minh verklaar Noord-Viëtnam se onafhanklikheid van Frankryk en word dié land se eerste president.
- 24 Oktober – Die Verenigde Nasies-verdrag, die grondwet van die Verenigde Nasies, tree in werking.
- 25 Oktober – Die voormalige Japannese kolonie Taiwan word weer deel van die Republiek China.
- 10 November – Die Springbokdiens van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die BOAC, die eerste internasionale diens tussen Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk, begin.
- 16 November – Stigting van die UNESCO deur 37 lande in Londen.
- 20 November – Die Neurenberg-verhore begin.
- 5 Desember – Vlug 19, 'n eskader van vyf Grumman TBF Avenger torpedobomwerpers van die Amerikaanse Vloot, verdwyn in die Bermudadriehoek.
- 27 Desember – Die Wêreldbank word op ooreenkoms van 28 nasies gestig.
- Desember – Die Nag-Hammadi-geskrifte word ontdek.
- 1 Januarie – Jacky Ickx, voormalige Belgiese motorrenjaer.
- 10 Januarie – Rod Stewart, Britse sanger.
- 12 Januarie – Dawid Swart, Suid-Afrikaanse akteur.
- 28 Januarie – Karen L. Gorney, Amerikaanse aktrise.
- 29 Januarie – Ibrahim Boubacar Keïta, politikus en president van Mali († 2022).
- 29 Januarie – Tom Selleck, Amerikaanse akteur, draaiboekskrywer en vervaardiger.
- 3 Februarie – Marius Weyers, Suid-Afrikaanse akteur.
- 6 Februarie – Bob Marley, Jamaikaanse reggaesanger en musikant († 1981).
- 9 Februarie – Mia Farrow, Amerikaanse aktrise.
- 10 Februarie – Rosa Keet, Suid-Afrikaanse digter, skrywer en dramaturg.
- 23 Februarie – Allan Boesak, geestelike van die Nederlandse Hervormde Kerk, 'n politikus en anti-apartheidsaktivis.
- 28 Februarie – Bubba Smith, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger († 2011).
- 10 Maart – H.O. de Villiers, Springbokheelagter in 1967 († 2022).
- 30 Maart – Eric Clapton, Britse kitaarspeler.
- 2 April – Linda Hunt, Amerikaanse aktrise.
- 4 April – Craig T. Nelson, Amerikaanse akteur "Coach" "The District".
- 13 April – Tony Dow, Amerikaanse akteur en regisseur († 2022).
- 15 April – Dirk Coetzee, mede-stigter en bevelvoerder van die polisie-eenheid op Vlakplaas († 2013).
- 19 April – Dawn Lindberg, Suid-Afrikaanse vermaakpersoonlikheid ( 2020).
- 24 April – Larry Tesler, Amerikaanse rekenaarwetenskaplike († 2020)
- 30 April – Michael J. Smith, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder, sterf in Challenger-ramp († 1986).
- 6 Mei – Rosa Smit, Afrikaanse digter en wenner van die Ingrid Jonkerprys vir haar poësie († 2021)
- 10 Mei – Koos du Plessis, Suid-Afrikaanse musikant († 1984).
- 14 Mei – Yochanan Vollach, Israelse sokkerspeler.
- 20 Mei – Justin Cartwright, Britse skrywer († 2018).
- 8 Junie – Nicky Oppenheimer, Suid-Afrikaanse sakeman, mynmagnaat en filantroop.
- 12 Junie – Anthony Hall-Martin, kenner op die gebied van swartrenosters en die Afrika-olifant († 2014).
- 15 Junie – Zandra Bezuidenhout, Afrikaanse digter.
- 19 Junie – Aung San Suu Kyi, Myanmarese politikus, leier van 'n nie-geweldadige beweging vir menseregte en demokrasie in Myanmar (Birma) en ontvanger van die 1991 Nobelprys vir Vrede.
- 22 Junie – Maretha Maartens, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 23 Junie – John Garang, Suid-Soedannese politikus en revolusionêre leier († 2005).
- 25 Junie – Carly Simon, Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer.
- 29 Junie – Chandrika Bandaranaike Kumaratunga, eerste minister van Sri Lanka.
- 4 Julie – Erik Holm, Suid-Afrikaanse entomoloog en insekillustreerder.
- 14 Julie – Peter Klatzow, Suid-Afrikaanse komponis en pianis († 2021).
- 19 Julie – Anna Enquist, pennaam van gewilde digter en skryfster in Nederland.
- 26 Julie – Helen Mirren, Britse aktrise.
- 9 Augustus – Jerome Glenn, toekomskundige en uitvoerende direkteur van die Millennium-projek.
- 14 Augustus – Wim Wenders, Duitse filmregisseur word in Düsseldorf gebore.
- 14 Augustus – Steve Martin, Amerikaanse akteur, komediant, musikant en vervaardiger.
- 31 Augustus – Van Morrison, Noord-Ierse sanger, musikant, liedjieskrywer en musiekvervaardiger.
- 5 September – Al Stewart, Britse sanger-liedjieskrywer en folk/rock-musikant.
- 11 September – Franz Beckenbauer, Duitse sokkerspeler en bestuurder († 2024).
- 15 September – Jessye Mae Norman 'n Amerikaanse sopraan († 2019)
- 19 September - Randolph Mantooth, Amerikaanse akteur ("Emergency!").
- 27 September – Misha Dichter, Amerikaanse pianis van Pools-Joodse afkoms.
- 28 September – Pieter-Dirk Uys, Suid-Afrikaanse satirikus en dramaturg.
- 30 September – Ehud Olmert, Israelse advokaat en politikus.
- 5 Oktober – Riaan Cruywagen, Afrikaanse nuusleser en stemkunstenaar.
- 17 Oktober – Graça Machel, Eerste Dame van Mosambiek en later ook Suid-Afrika.
- 23 Oktober – Bernard Nottage, ginekoloog, politikus en Olimpiese atleet uit die Bahamas († 2017).
- 22 Januarie – Else Lasker-Schüler, Duits-Joodse digteres en toneelskryfster (* 1869).
- 12 Maart – Anne Frank, Joodse dagboekskrywer in Nederland (* 1929)
- 12 Maart – Friedrich Fromm, Duitse generaal (* 1888)
- 14 Maart (c.) – J.J. Groeneweg, vroeë Afrikaanse skrywer van avontuurverhale, hoofsaaklik vir die jeug (* 1870).
- 31 Maart – Hans Fischer, Duitse chemikus en Nobelpryswenner (* 1881).
- 9 April – Wilhelm Canaris, Duitse admiraal (* 1887).
- 12 April – Franklin D. Roosevelt, Amerikaanse politikus en staatsman, 32ste President van die Verenigde State (* 1882).
- 21 April – Walter Model, Nazi-Duitse veldmaarskalk (* 1891).
- 28 April – Benito Mussolini, Italiaanse diktator (* 1883).
- 28 April – Hermann Fegelein, Duitse SS generaal (* 1906)
- 30 April – Adolf Hitler, Nazi-Duitse politikus en diktator (* 1889).
- 30 April – Eva Braun, vrou van Hitler, (* 1912).
- 1 Mei – Joseph Goebbels, Duitse politikus (* 1897).
- 1 Mei – Hans Krebs, Duitse generaal (* 1898).
- 24 Mei – Robert Ritter von Greim, Duitse vlieënier en veldmaarskalk (* 1892).
- 31 Mei – Leonid Pasternak, Russiese postimpressionistiese skilder (* 1862).
- Mei – Heinrich Müller, die hoof van die Gestapo (* 1900).
- 17 Julie – Ernst Busch, Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1885).
- 30 Julie – Anton van Wouw, Suid-Afrikaanse beeldhouer (* 1862).
- 10 Augustus – Robert Goddard, Amerikaanse vuurpylpionier (* 1882).
- 8 September – Elsie van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikantsvrou en kleindogter van Paul Kruger (* 1880).
- 26 September – Béla Bartók, Hongaarse komponis (* 1881).
- 15 Oktober – Pierre Laval, voormalige eerste minister van Frankryk (* 1883).
- 19 Oktober – Richard Stuttaford, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman (* 1870).
- 26 November – Dwight F. Davis, die stigter van die Davis Cup (* 1879).
- 10 Desember – August Vermeylen (73), Vlaams-Belgiese skrywer.