From Wikipedia, the free encyclopedia
Antiferromagnetisme is 'n vorm van magnetiese wisselwerking tussen die magnetiese momente in 'n stof wat hierdie momente in teenoorgestelde rigting uitrig.
Antiferromagnete het gewoonlik 'n Néeltemperatuur TN. Onderkant hierdie temperatuur vind ordening van die momente plaas en dit verklein die susseptibiliteit. By hoër temperature gedra die stof min of meer as 'n paramagneet, maar die susseptibiliteit volg 'n gewysigde vorm van die Curie-wet wat as die Curie-Weiss-wet bekend is.[1]
Die néeltemperature en Weiss-constantes kan baie van materiaal tot materiaal verskil:
Stof[2] | TN [K] | θ [K] |
---|---|---|
MnO | 116 | 610 |
FeO | 198 | 570 |
CoO | 291 | 330 |
NiO | 525 | ~2000 |
In elektriese isolatore soos in hierdie oxiede kan die elektrone wat die ongepaarde spins dra op een bepaalde plek teenwoordig wees en kan die struktuur van op en neer-gerigte spins taamlik eenvoudig wees. In 'n antiferromagnetiese metaal soos chroom kan die elektrone deur die rooster beweeg. Mens spreek dan van rondloperantiferromagnetisme en in hierdie geval kan die spins 'n golf vorm ('n spindigtheidgolf SDG) wat inpas of uitpas met die rooster kan loop.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.