From Wikipedia, the free encyclopedia
Antoine Abed (26 Oktober 1896 - 15 September 1975) was 'n biskop van die Maroniet-Katolieke kerk van Tripoli in Libanon.[1]
Abed word op 17 Mei 1925 in Tripoli, Libanon, tot priester georden. Sy aanstelling as aartsbiskop van Tripoli vind op 23 April 1933 plaas,[2] en Abed word op 7 Mei 1933 as biskop georden deur die Maroniete Patriarg van Antiochië, Anthony Peter Arida. Saam met hom was Paul Aouad, Aartsbiskop van Siprus, Chuchrallah Khoury, Aartsbiskop van Tyre, Abdallah Khoury, Titulêre biskop van Arca in Phoenicia dei Maroniti, Pierre Feghali, titulêre biskop van Epiphania in Sirië, Elie Rischa, titulêre biskop van Nazareth per i Maroniti, Elie Chedid, titulêre aartsbiskop van Chyrrus per i Maroniti, Emmanuel Phares, titulêre biskop van Tarsus dei Maroniti en Paul Akl, titulêre biskop van Laodicea in Sirië per i Maroniti. Hy is op 16 Oktober 1933 deur die Heilige Stoel bevestig, en op 5 September 1965 aangewys as Aartsbiskop van Tripoli, in welke hoedanigheid hy gedien het tot met sy afsterwe op 15 September 1975.[3] Hy het twee-en-veertig jaar gedien in die amp van Aartsbiskop van Tripoli.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.