Apostilleverdrag
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Haagse Verdrag tot Afskaffing van die Vereiste van Wettiging van Buitelandse Openbare Aktes, die Apostilleverdrag of die Apostillekonvensie, is ’n internasionale verdrag wat deur die Haagse Konferensie vir Internasionale Privaatreg opgestel is. Dit spesifiseer die wyses waarop ’n dokument wat in een van die ondertekenaarlande vir regsdoeleindes gesertifiseer kan word in elk van die ander ondertekenaarlande. ’n Sertifisering onder die voorwaardes van die verdrag word ’n apostille (van Latyn post illa en dan Frans ’n kanttekening) of Haagse Apostille genoem.[1] die dokument. Indien die verdrag tussen twee lande geld, is ’n apostille genoegsaam om ’n dokument se geldigheid te sertifiseer, en verwyder dit die behoefte aan dubbele sertifisering deur eers die land van oorsprong, en dan die land van ontvangs.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |