Ar-Raqqah
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ar-Raqqah (Arabies: الرقة), ook bekend as Rakka of Raqqa, is 'n stad in noordelike Sirië en die hoofstad van die gelyknamige administratiewe gewes. Sedert 2014 is Ar-Raqqah die de facto hoofstad van die Islamitiese Staat in Irak en die Levant.[1] Ar-Raqqah is ongeveer 40 km oos van Sirië se grootste dam, die Tabqadam, en 160 km oos van Sirië se grootste stad, Aleppo, geleë.