Arcturus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Arcturus (ook Alpha Boötis of α Boo genoem), is die helderste ster in die sterrebeeld Veewagter (Boötes), die vierde helderste ster aan die naghemel en die helderste ster in die Noordelike Halfrond. Saam met Spica en Denebola (of Regulus, na gelang van die bron), maak Arcturus deel uit van die asterisme Lentedriehoek.
Kitsfeite
Arcturus
| ||||
Ligging van Arcturus (in rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Veewagter | |||
Bayer-naam | Alpha Boötis | |||
Spektraaltipe | K0 III[1] | |||
Soort | Rooireus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 14h 15m 39.7s[2] | |||
Deklinasie | +19° 10′ 56″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | −0,05[3] | |||
Absolute magnitude (M) | −0,30±0,02[4] | |||
B-V-kleurindeks | +1,23[3] | |||
U-B-kleurindeks | +1,28[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,08±0,06[5] | |||
Radius (R☉) | 25,4±0,2[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 170[6] | |||
Ouderdom (jaar) | 7,1+1,5−1,2 miljard[5] | |||
Temperatuur (K) | 4 286±30[5] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 2,4±1,0[4] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | −0,52±0,04[5] | |||
Ander name | ||||
Alramech, Abramech, α Boo, 16 Boötis BD+19° 2777, GJ 541, HD 124897, HIP 69673, HR 5340, SAO 100944, GCTP 3242.00, LHS 48, GCTP 3242.00 | ||||
|
Sluit
Arcturus is teen 36,7 ligjare van die Son af redelik naby. Dié rooireus van spektraaltipe K0 III is sowat 7,1 miljard jaar oud, het die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg. Sy massa is 1,08 keer so groot soos die Son s’n, maar dit het uitgesit sodat sy deursnee 25,4 keer dié van die Son is. Dit is sowat 170 keer so helder.